Project Gutenberg

Hierdie artikel moet skoongemaak of andersins verbeter word.
Hierdie artikel voldoen nie tans aan die hoë gehaltestandaarde waarna Wikipedia streef nie. Voel vry om self in te spring en verbeterings te maak, en verwyder hierdie kennisgewing ná die tyd. Vir meer hulp, sien die redigeringshulp. Daar is moontlik kommentaar in die artikel of op die besprekingsblad oor wat verbeter moet word.
Kenteken
Michael Stern Hart en Gregory Newby tydens die HOPE-konferensie in 2006.

Project Gutenberg is 'n poging deur vrywilligers om kulturele materiaal, grootliks boeke, in digitale vorm om te sit, en sodoende 'n digitale biblioteek van sogenaamde e-boeke of elektroniese boeke tot stand te bring en te versprei. Michael S. Hart het hierdie oudste digitale biblioteek in 1971 gestig. Die meeste items in die versameling is volledige tekste uit die openbare domein. Die projek beoog om hierdie tekste so vrylik moontlik beskikbaar te stel in langdurige ope formaat vir amper enige rekenaar of e-leser. Daar is vele geaffilieerde projekte om addisionele streeks- en taal-spesifieke inhoud vry te stel. Geskandeerde publikasies wemel gewoonlik van foute, en meeste van PG se werk word vrywillig deur Distributed proofreaders versorg, om te verseker dat die gehalte so hoog moontlik bly.

Hart kon, terwyl hy nog gestudeer het, universiteits-rekenaartyd [1] grootskaals gebruik om hierdie projek op die been te bring. Hart vertel dat hy graag hierdie gawe wou "teruggee" in die vorm van iets wat van groot waarde geskat sou word. Sy oorspronklike doel was om die tien-duisend mees nageslaande boeke openbaar beskikbaar te maak teen min of geen koste, hopelik teen die einde van die twintigste eeu.[2]

Hart het geglo dat rekenaars in die toekoms beskikbaar sou wees vir die algmene publiek; hy besluit toe om letterkundige werke gratis te begin beskikbaar stel. Hy het sy eie kopie van die Verenigde State se Verklaring van Onafhanklikheid gebruik om die eerste Projek Gutenberg e-teks te skep.

Hy het die projek vernoem na Johannes Gutenberg, die vyftiende-eeuse Duitse drukker.

Teen middel-1990, met vrywille hulp, het hy die materiaal begin inskandeer (tot 1989 is dit nog per hand ingetik) toe optiese karakter-herkennings sagteware bruikbaar begin word het.[3] Volgens 'n reëling met Carnegie Mellon University, het die universiteit die finansies van die projek begin administreer.

Beginnende in 2004, het 'n verbeterde aanlyn-katalogus dit vergemaklik om die Project Gutenberg materiaal te gebruik.

Project Gutenberg se stigter, Michael Hart, is op 6 September 2011 op 64 oorlede, tuis in Urbana, Illinois.[4]

  1. Hart, Michael S. (15 Augustus 1992). "Gutenberg:The History and Philosophy of Project Gutenberg" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Oktober 2019. Besoek op 5 Desember 2006.
  2. Day, B. H.; Wortman, W. A. (2000). Literature in English: A Guide for Librarians in the Digital Age. Chicago: Association of College and Research Libraries. p. 170. ISBN 0-8389-8081-3.{{cite book}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  3. Vara, Vauhini (5 Desember 2005). "Project Gutenberg Fears No Google" (in Engels). Wall Street Journal. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Januarie 2013. Besoek op 15 Augustus 2007.
  4. "Michael_S._Hart" (in Engels). Project Gutenberg. 6 September 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Mei 2020. Besoek op 25 September 2011.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search